Hoofstuk 12

18 1 0
                                    

Skool hou my vreeslik besig en ek kan nie wag vir die vakansie nie, ons klomp jonges gaan vir my Pa-hulle werk en geld verdien in die proses. Ek sit al op die bus en wag vir die ander klomp kinders. Vandag ry Louis, Lumé en Robbie ook saam en ons klim almal by Ouma-hulle af. Ons het elkeen ekstra klere gebring want ons gaan by die rivier speel en ons ouers sal ons later kom haal. Eers ry ons perd en daarna gaan ons kleilatgooi en swem. Uitgeput sit ons later op Ouma-hulle se stoep en kry koffie en koekies vir 'n lafenis toe die jeep van die lodge daar stop. Ek is lus en hol weg maar ek bly kalm en drink rustig my koffie klaar voor ek Ouma en Oupa groet. Ek, Rowan, Chris, Rieks en Zara loop saam Jeep toe en ek klim sommer eerste heel agter in. Die ander klim in en gelukkig is dit Chris wat voor moet sit langs Wiaan. By die lodge spring ons almal uit, maar Wiaan keer my en Rowan. "My opdrag was om julle by die huis te drop, klim terug dat ons kan ry." Ek beduie vir Rowan om voor te sit en ek klim weer agter in. Toe ek opkyk sien ek Wiaan kyk vir my in die spieël en ek maak of ek dit nie sien nie, kyk net by die venster uit tot hy met my praat. "So Mackenzie hoe gaan dit by die skool? Mens sien maar min van jou deesdae." Ek glimlag effens en wonder stilweg wat maak dit nou aan hom saak maar ek antwoord hom wel. "Nee gaan voor die wind dankie Dr. Wiaan, matriek is mos maar 'n tawwe jaar jong ek is baie besig. Ek het nie regtig tyd vir kuier nie." Hy kyk weer in die spieël en ek sien sy frons. "Maar jy het darem tyd om saam met Mika Nolan rond te kuier nê." Hy sê dit as 'n feit en nie 'n vraag nie en ek vervies my vir hom. Rowan maak egter dat hy wegkom toe ons stop. "Dankie Wiaan sien jou." Ek klim stadiger uit en toe ek by sy venster verbyloop gee ek hom die antwoord wat hy nie verwag nie. "Wat ek doen met my lewe en met wie ek dit deurbring het niks met jou uit te waai nie Dr. Kemp. Bepaal jou aandag by jou girlfriend en jou werk. Dankie vir die lift. Totsiens." Toe ek die stoep opstap sit my Ma daar om die hoekie op die swaaibank met 'n koppie koffie en sy glimlag breed. "Mooi gesê Mackenzie, maar waaroor het dit gegaan?" Ek vertel haar so vinnig wat Wiaan gesê het en sy knik. "Dis reg dat jy hom op sy plek gesit het, doen dit gerus weer."

Laataand kry ek 'n boodskap en toe ek sien wie dit is wil ek hom eers net delete maar besluit om dit te lees.

Wiaan: Ek het regtig gedink ons het iets mooi tussen ons Mackensie, ek kan nie glo jy het geval vir daai gladdebek se stories nie. En ek probeer by die reëls hou maar lyk my jy sou meer daarvan gehou het as ek net gevat het wat ek weet ons altwee wou hê.

Ek: Nee Wiaan jy het nie gedink nie dis jou probleem. Ek was vriende met jou want meer kan ons in elk geval nie wees nie. Ek het regtig niks meer as vriendskap van jou verwag nie en moenie jouself vlei deur te dink ek wou saam met jou in die bed spring nie. Ek is nie daardie tipe meisie nie. Ek en Mika is nie eers vriende nie, ek ken hom van laasjaar wat ek begin vlieg het by Oom Rayan, hy het my gehelp met die kode 10 bestuurslisensie en hy help my nou met my kommersiële vlieglisensie in opdrag van Oom Rayan en my Ma. Moenie dink ek is jy wat van persoon na persoon val die oomblik as ek nie kan kry wat ek wil hê nie. Los my in vrede asb?"

Ek kry geen antwoord van hom terug nie en ek besluit om die chat te save dat ek my Ma kan wys. Ten minste kan ek met 'n skoon gewete gaan slaap want ek weet ek het nie gejok oor my en Mika nie. Die volgende oggend gee ek my foon net so vir my Ma by die oop chat van Wiaan. "Ek wys dit nie vir Mamma omdat ek wil hê jy moet iets hieraan doen nie. Ek wil net hê Mamma moet presies weet wat daar tussen ons gesê is dat daar geen ander stories kan rondloop nie. Ek is laat sien Mamma vanmiddag of vanaand." Ek soen my Ma en klein Mira op die wang, gryp my skoolkos en draf uit jeep toe waar my Pa en Rowan vir my wag. Die skool voel vandag vreeslik lank vir my, ek is moeg en my kop en mangels is skielik seer. Ek voel regtig goor toe ek op die bus klim en Chris en Lumé kyk my ondersoekend aan. Dis egter Zara wat my vra wat ek makeer en ek gee 'n droeë kuggie voor ek kan antwoord. "Weet nie jong, seker ipekonders of skoolsiek, want ek het vanoggend niks makeer nie nou is my kop en mangels skielik seer." Hulle lag vir my maar Zara skud haar kop. "Nee ek dink iemand het jou aangesteek, daar is baie graad 9's wat siek is in ons klas. Almal het ook met seerkeel en hoofpyn begin. Ek dink jy moet dalk dadelik medisyne kry vanmiddag anders gaan jy sieker word." Ek knik en sit agteroor met my kop teen die sitplek en my oë gesluit tot by die lodge se hek waar ek uitklim en agter in die jeep klim. My kop voel nou of hy wil oopbars en ek weet dis 'n migraine wat ek nou het, aangesien ek dit so af en toe kry as ek gespanne raak. Ek let nie eers op wie het ons vandag kom haal nie en ek moet bieg ek voel vere ek wil net so gou moontlik by die huis kom. By die lodge klim ek uit en Rowan skree vir my hy gaan saam Zara huistoe om hulle taak klaar te maak, ek beduie net met my duim na bo en begin koponderstebo aanstap huistoe. Ek kan nie mooi sien nie want als maak bloukolle voor my oë en ek voel naar. Die volgende oomblik loop ek vas teen 'n breëbors en twee arms gaan om my. "Kiewiet wat de hel is fout met jou?" Ek sit my vinger oor my lippe en sjuus hom dadelik. "Sjuut asb Buffel moenie so skree nie, my kop gaan bars en ek wil nie gesels nie my mangels voel of die kiemmannetjies op en af spring met 'n rasper agter in my keel." Mika skud soos hy lag hier voor my, maar vat my aan die skouers. "Het jy iets vir jou kop by die huis Kiewiet?" Ek skud my kop. "Ek weet nie, maar ek is naar asb los my dat ek net by die huis kan kom." Hy vat my tas en loop egter saam met my. "Kom ek stap saam met jou dat ek kan seker maak jy het iets om te drink." Ek storm die trappe op en die huis binne. Ek is soos blits by die onderste gastebadkamer in en volgende oomblik op my knieë voor die toilet. Ek het lanklaas so opgegooi van 'n migraine en toe ek terugsit is Mika wragtig by my met 'n bottel yswater. Ek voel hoe ek bloos en ek wens die aarde kan my insluk. "Hier drink 'n bietjie water en spoel jou mond ek sien geen migraine pille in julle noodhulpkassie nie. My Ma sit altyd 'n yspak agter op haar nek en voorkop en gebruik suurstof, dit help glo vir die pyn. Ek gaan vir jou twee yspakke maak en dan gaan ek gou af lodge toe. Ek sal nie lank wees nie, gaan lê jy op die bank ek het die gordyne toegetrek." Ek spoel my gesig af met kouewater en spoel sommer my mond met die mondspoel wat daar is voor ek sitkamer toe strompel en daar gaan lê. Binne oomblikke sit Mika 'n yspak onder my nek in en een oor my voorkop. "Byt vas Kiewiet ek gaan nou vir jou hulp kry." Ek hoor die voordeur oop en toe gaan, en ek probeer ontspan maar my kop maak my mal. Hoe lank ek so gelê het weet ek nie, maar ek hoor 'n jeep en toe die voordeur oopgaan en dan hoor ek voetstappe voor iemand hierby my praat. Voor hy egter praat weet ek dis Mika, hoe ek dit weet kan ek nie verduidelik nie. "Kom, hou die yspak oor jou oë, ek vat jou nou Dr. toe jou Ma het klaar gereël met jou tannie en Dr. Frik ." Ek kom regop en laat Mika toe om my na die jeep voor die deur te help, en ek sit dadelik agteroor met die yspak oor my oë en hy druk die ander yspak agter my nek in. Hy praat nie, maar ek kan voel ons ry nogal vinnig en dis nie lank nie toe is ons in die dorp. By tannie Helena se spreekkamers help hy my uit en vat my die spreekkamer in. "Middag Ronel, Mackenzie hier se Ma het glo gebel vir 'n afspraak." Die ontvangsdame Ronel sê ons moet net 'n oomblik sit een van die dokters sal ons nou help. Ek gaan sit met my kop teen die muur en die yspak wat ek steeds in my hand het oor my oë tot tannie Helena uitkom en my sien. "Kom Mackenzie ek dink 'n inspuiting vir die migraine is wat jy nodig het." Ek stap saam met haar terwyl Mika in die wagkamer sit. Binne vra sy my 'n paar vra en toe ek kla oor my mangels kyk sy sommer daarna. Sy gee my 'n voorskrif en 'n inspuiting. "Kry die migrainepille en hou dit asb altyd by jou. Ek het vir jou 'n ligte kalmeerpil ook voorgeskryf wat jy saans moet drink. Dit is nie 'n verslawende ding nie, dit sal jou net bietjie laat ontspan dat jy beter kan slaap want ek sien jy het kringe onder jou oë. Is dit skool wat jou so laat stress of is daar iets anders wat pla?" Ek skud my kop. "Ag ek dink dis net omdat dit my laastejaar is, daar is baie werk en ek is op die leerlingraad en ek moet my vlieglisensie klaar doen en dit maak my dalk net meer gespanne. Ek sal try om te relax." Ek is daar weg met die voorskrif en ek kan klaar voel hoe die inspuiting begin help. By die apteek stap ek vinnig in met Mika kort op my hakke en ek sien hoe die apteekdames hare reg druk en giggel toe hulle Mika gewaar. Ek kry my pille en sien Mika het sy rug op die giggelendes gedraai en kyk by die venster uit. Ek loop tot by hom en druk hom in die rug met my vinger. "Kom Buffel die dames het nou almal hartkloppings en net-nou kry hulle elk 'n hartaanval en dan is dit jou skuld." Ek stoot hom met my hand op sy rug by die deur uit en vinnig na die jeep toe. "Kiewiet jy voel definitief beter as jy met my kan skoorsoek. Dis nie my skuld die hele wêreld se vroumense is simpel en kan geen man uitlos nie. Ek het hulle beslis nie aangemoedig nie." Ek lag. "Ja toemaar ek weet Buffel, ek probeer jou net vinnig daar weg kry anders het tannie Helena nog werk." Ek klim in die jeep en toe Mika inklim kyk hy vir 'n oomblik na my voor hy die jeep aansit. "Is jy nou honger of steeds naar?" Ek skud my kop effens. "Nee ek voel beter dankie, honger definitief, jy beter jaag huistoe." Mika lag egter kliphard. "Nope geen gejaag nie, ek het net-nou reeds die spoedgrens oorskry hiernatoe oor ek bang was jy spoeg in die jeep. Kom ek stick jou vir 'n burger en chips voor ons huistoe gaan, ek het ook my middagete gemis vandag." Ek voel nou sleg want ek weet dis my skuld. "Ek is jammer Mika, maar jy moes my gelos het dat ek net huistoe gaan dan het jy ten minste nie jou middagete gemis nie." Ons stop voor 'n kafee waar ek weet my Pa ook altyd vir ons die lekkerste burgers koop en my mond water amper, maar Mika draai na my toe voor ons uitklim. "Kiewiet, jy was siek en ek kon jou nie net so los nie, jou Ouers sou my dit nie vergewe het nie. Ons weet almal by die lodge dit maak nie saak wie van ons 'n probleem het nie, of dit nou een van die veldwagters, hulle vrouens, girls of kinders is ons help mekaar almal. Dit was regtig nie die ergste om my middagete te mis nie. Kom hou op worry en kom besluit wat jy wil eet." Ek is stil daarna en kyk verbaas na Mika toe ons deur die dorp ry maar nie afdraai lodge toe nie. Hy ry 'n ent verder en draai net buite die dorp op 'n grondpaadjie af na die dorp se rivier piekniek area toe. Ons stop en hy vat ons papiersak met kos en stap na een van die tafeltjies toe. "Kom jy of gaan jy heeldag in die jeep bly sit. Ek haat dit om agter die stuurwiel te eet veral as ons op die stofpad gaan klim nou." Ek klim stilswyend uit en gaan sit oorkant hom terwyl ek my kos oopmaak. Hy is vir my werklik baie vreemd as hy nie so buffelagtig is soos hy meestal is nie. "Kiewiet het jy nou jou tong ingesluk?" Ek kyk na hom en sien skielik hoe groen is sy oë, wow dis die eerstekeer wat ek regtig dit besef. Hy kyk stip na my en ek sien sy mondhoeke trek effens op en wraggies daar is die ou grinnik terug. "Jy moet eet Kiewiet en nie na my staar nie, net-nou dink ek jy val in dieselfde kategorie as daai giggelende vrouens in die apteek." Ek bloos en kyk vinnig af op my kos en ek kan hom hoor lag hier by my. Genade is ek dan nou mal. "Ag Buffel in your dreams, ek het net gewonder waar is die buffelagtigheid vandag, maar ek het te gou gewonder, want hier is jy terug in volle glorie." Ek begin eet en kyk weg oor die rivier. Ons eet in stilte en toe ons al oppad terug is kom sy woorde om my weer heeltemal uit my baan te gooi. "Kiewiet jy weet ek is net 'n buffel as jy daarvoor soek. Eintlik is ek 'n heel rustige gematigde ou, jy sal sien as ons volgende week met jou helikopterlesse begin." Ek het alweer daarvan vergeet en ek rol my oë. Hy kyk vinnig na my en toe ons stop en ek uitklim kom my Ma en Pa aangestap van die heli en ander jeep af, maar hulle kon sweerlik sy laaste woorde aan my hoor na ek hom bedank het. "Dankie vir alles Mika, jammer oor jou lunch." Hy lag en wys vir my vinger. "Jy weet Kiewiet ek het so pas uitgevind hoekom jy migraine kry...dis oor jy so baie jou oë vir my rol... Hallo Janco, Annelie, sy het medisyne gekry en lyk my die inspuiting het die migraine vinniger kafgedraf as wat pille sou gewerk het." My Pa is dik van die lag en ek groet hulle elk met 'n soen op die wang voor ek na Mika toe draai. "Jy weet nê jy moet nog saam met my vlieg vir my lesse en ek mag dalk net besluit om jou in die leeukamp af te gooi. Ek het juis gehoor die leeus is mal oor buffelsvleis. Sien julle later Mamma." Ek vat my medisyne en die yspakke en stap vinnig op huistoe. Dekselse mansmens, ek sal hom nog verongeluk. Net wanneer ek dink ons sal dalk oor die weg kan kom, dan kom beduiwel hy dit weer.

Rainbow lodge boek2 Gediertes en GedrogteWhere stories live. Discover now