Hoofstuk 11

19 1 0
                                    

Gelukkig het ek my kode 10 leerlinglisensie geslaag en my ry-afspraak is vir volgende Vrydag. Ek het dus 'n week om met die groot jeep te oefen. So vandag na skool is dit ek en die jeep en die paaltjies wat my Pa ingekap het agter ons huis. Ek is dus skaars by die huis toe ek in die jeep klim. Hy werk maar soos al die jeeps wat ons het maar hy kan tot sestienmense vat. Hy is soos 'n ossewa, maar ek ry so draai met hom gelukkig is ons agtererf groot, eintlik maar deel van die lodge se paaie, ek ry net nie deur die hekke die reservaat binne nie. Ek doen die parkering 'n paar keer maar ek sukkel 'n bietjie en ek laat val my kop op die stuurwiel en sit vir 'n hele ruk so. My nek is skoon seer en ek vryf my nek maar die volgende oomblik staan die hare op my nek orent. Ek weet daar is iets of iemand naby my maar ek is te bang om te kyk toe Mika skielik langs my praat. "Dit lyk my jy het hulp nodig, kom klim uit en rek gou jou bene bietjie dan help ek jou." Ek kyk verbaas na hom en vergeet my maniere oombliklik toe hy vir my staan en lag. "Wat soek jy hier, het jy nie werk nie? Ek kan myself leer dankie." Sy glimlag verdwyn en sy oë lyk koud. "Jy weet jy is 'n astrante eiewysige klein snip, jy laat my aan 'n Kiewiet dink, altyd reg om of weg te hol of aan te val. As jy dan moet weet jy is my werk, jou Pa het my opdrag gegee om jou te kom touwys maak met die groot jeep. Doen wat ek jou sê en klim uit dat ek jou kan wys hoe om die paaltjies te gebruik om te kyk wanneer moet jy begin om die stuurwiel te draai." Ek spring uit en begin wegstap, maar die volgende oomblik stop 'n hand op my nek my in my spore en ek voel hoe ek lam word. "Kiewiet jy gaan nie weghol nie en my ook nie aanval nie. Kom hier. "Hy maak my nie seer nie maar die hand op my nek draai my terug na die jeep toe. "Jy beter my los, ek sweer ek skop jou been mors af as jy my nie los nie." Hy het sowaar die vermetelheid om vir my te lag voor sy ander hand bykom en hy my nek begin masseer. "Kiewiet staan stil, jou nek is stokstyf, Kiewiete kan in elk geval nie skop nie, hulle is nie voltruise nie. Ontspan en dan klim jy weer in. Trek die jeep reguit en kom stadig agteruit tot ek sê stop en dan begin jy draai." Die oomblik wat hy sy hande lug van my nek af is ek in die jeep en ek sweer ek hoor hom lag. Ek maak soos hy sê en hy maak my wraggies dieselfde ding seker 'n honderdmaal oor doen. Hy laat my van albeikante af agteruit inry tot hy happy is dat ek dit kan doen voor hy langs my inklim. "Nou toe Kiewiet as jy tyd het oefen dit elke middag dat jy reg is teen Vrydag. Ry af tot by die lodge, laai my af en draai terug om na julle huistoe, dat ek kan sien of jy hierdie helse jeep kan ry." Ek gluur hom net aan en hy glimlag breed. "Moet my nou nie verongeluk nie nê, dan is dit 'n besering aan diens." Ek snork onvroulik en ry aspris vinnig oor 'n hobbel in die pad. "Kiewietjie as jy nou 'n helse pakslae wil hê moet jy weer so roekeloos ry, ry stadig en ry ordentlik." Ek rol my oë en ry stadiger tot by die lodge waar ek met 'n swierige draai reg voor die ontvangs stop. "Jy kan maar uitklim Buffel, ek is haastig, ek het nog huiswerk om te gaan doen." Hy klim tydsaam uit en kyk terug na my terwyl hy die deur oophou. "En waar kom my nuwe naam nogal vandaan Kiewiet?" Ek gee hom 'n vuil kyk. "Jy het nogal baie van die buffels se eienskappe, jy probeer mens ook doodkyk en jy is net so boelie soos die buffels kan wees en daarby is jy net so ongeskik soos 'n ou alleenloper buffel. My Pa noem hulle nie verniet die mafia nie, hulle het net soos jy die manier om 'n mens voor te staan en onkant te vang. Maak toe die deur dat ek kan ry." Ek sien vir Wiaan en Jen aangestap kom en ek wil vinnig wegkom, maar Mika het nog eers iets te sê. "Maak toe die deur asse..." Ek rol my oë. "Asseblief, maak gou..."Hy kyk na links en sien die ander twee aangestap kom en hy kyk vinnig na my met vernoude oë. Ek dink hy het my benoude gesig gesien, want hy klap die deur toe en praat kliphard met my. "Selfde plek, selfde tyd môre middag nê Kiewiet." Ek knik net en trek vinnig weg. In my truspieël sien ek Jen en Wiaan stop om met hom te praat en ek kan net dink hoe nuuskierig die Jen is na sy afskeidswoorde. Terug by die huis gaan stort ek gou voor ek solank met kos begin, my Ma-hulle het laat 'n afspraak met die huwelikspaartjie en hulle gaan honger wees wanneer hulle hier aankom.

Elke middag kom versondig Mika my siel tot ek lus het om my en sy hare uit te trek. Donderdagmiddag kom my Pa egter saam met hom daar aan en toe hy my voor my Pa Kiewiet noem en my Pa daaroor lag het ek lus en ry bo-oor hulle altwee. "En nou Mika is sy so opvlieënd soos 'n Kiewiet dat jy haar so noem?" Mika lag en knik. "Ja Janco skuus maar jou dogter is net so astrant, wipperig en opvlieënd soos 'n Kiewiet. Sy kan ook net so vinnig weghol as sy nie haar sin kry nie." Ek dog ek bars 'n aar. "Luister buffel, ek is g'n wipperig nie, nog minder hol ek sommer net weg nie. As jy my minder verpes sal ek nie kort-kort 'n aar wil bars nie. En weet julle wat, nou kan julle altwee gerus terugloop lodge toe, ek is klaar geoefen vir vandag. Tatta..." Ek trek weg met 'n spoed en gaan bêre die jeep onder die afdakke by die parkering voor ek met 'n ompad terugloop huistoe. Ek het egter nie met my Pa rekening gehou nie en toe ek agter die chalets uitkom en langs die draad begin opstap huistoe staan Mika ewe doodluiters my en inwag. Ek stop dood in my spore en kyk afwagtend na hom. "Hoe de hel het jy geweet?" Hy grinnik. "Gelukkig vir my maar ongelukkig vir jou ken jou Pa jou baie goed so hy het my die tip gegee." Ek begin retireer die oomblik wat hy stadig aangestap kom en vir 'n oomblik dink ek hy laat my meer aan 'n leeu of luiperd dink as 'n buffel. By die hoek tussen die lodge en die chalets draai ek om en begin hardloop, maar Mika is gans te vinnig vir my. Hy gryp my van agteraf om my middel en met sy ander hand druk hy my mond toe voor hy by 'n chalet se oopdeur met my inglip en die deur agter ons toeskop. Hy laat my stadig gaan en sit sy vinger op my mond toe ek omswaai en hom wil skel. Die volgende oomblik hoor ek vir Jen en Wiaan praat toe hulle by die chalet verbygestap kom en ek bly onmiddelik stil. Die oomblik toe hulle weg is leun Mika teen die deur met sy rug, arms gevou oor sy bors. "Jy weet ek het lus en gee jou 'n loesing, 1. Omdat jy vir ons weggery het en 2. dan jaag jy soos 'n malmens die pad af?" Ek sê niks nie ek staan ook net gevoude arms vir hom en kyk. "Maar dan dink ek ek moes jou eintlik net gelos het dat jy in Wiaan en Jen kon vasloop. Wat is jou probleem met hulle, gee hulle jou 'n hardetyd. Ek dog dan jy en Wiaan is sulke goeie vriende." Ek weet ek moet fyntrap nou, want Mika is heeltemal te oplettend na my sin. "Ek het net nie lus vir hulle twee nie dis al, ek en Wiaan is nie regtig sulke groot vriende nie, maar ons gesels met mekaar as ons mekaar sien en dis dit. Hy het my en Chris op 'n stadium met ons wiskunde gehelp, hy is mos Chris se Oom." Hy kyk so lank en peinsend na my dat ek ongemaklik begin voel en begin ronddtrap. "Mmm...en Jen, wat is jou issue met haar, want as ek dit nie mis het nie, was daar 'n atmosfeer tussen julle wat mens met 'n mes kon sny 'n paar weke terug in die kafeteria?" Ek trek my skouers op. "Ek het geen issues met haar nie, ek dink net nie sy like my vreeslik baie nie oor my Pa haar baas is." Hy staan skielik regop en maak die deur oop voor hy uitloer. "Kom Kiewiet, weg is jy draadlangs huistoe, voor jou Pa na jou soek." Ek glip by hom verby en maak dat ek wegkom. By die huis wag my Pa en Ma my op die stoep in en my Pa grinnik sowaar toe ek die stoep opstap. "So Kiewiet, ag ek bedoel Mackenzie...wat het Mika met jou gedoen oor jy ons twee kilo's laat stap het?" Ek skud my kop en rol my oë. "moet Pa nie ook nog met my begin met daai naam nie asb. Soos elke ander keer het hy my uitgetrap, ek kan mos niks reg doen in die Buffel se oë nie. Volgens hom is ek mos wipperig, opvlieënd, astrant, 'n nuisance, 'n nie goed genoeg vlieënier nie wat gedink het ek gaan my Kommersiële vlieglisensie en my kode 10 op 'n skinkbord kry. Ek's mos te dom om te weet dit gaan harde werk kos. Ek wil egter nie verder oor die Buffel praat nie, ek gaan shower voor ete."

Rainbow lodge boek2 Gediertes en GedrogteWhere stories live. Discover now