Hoofstuk 7

15 1 0
                                    

Klein Mira is almal se liefling en dis vir my 'n plesier om na haar te kyk een middag toe my Ma 'n noodvergadering by die lodge het. Ek sit haar drastoeltjie in my kamer langs my lessenaar en doen my huiswerk terwyl ek met haar gesels. Rowan sweer mos dat ek al my geheime vir Mira vertel en dat hy haar gaan steel en my geheime uit haar trek. Ek trek egter net vir hom 'n gesig as hy dit sê. Wat hy nie weet nie is dat hy nie ver verkeerd is nie. Ek bêre my boeke en tel haar op toe sy begin kerm. "Mmm...ek dink hierdie juffroutjie is nat, ons sal dadelik 'n plan moet maak. Toemaar Mira, Mackenzie sal jou vinnig help." Ek stap met haar na haar kamer toe en hoor die deurklokkie lui, waarop ek met haar in my arm afstap onderstoe. Ek is heel verbaas toe Wiaan met Eugene, Chris en Rieks voor die deur staan. Ek kan sien hulle almal het gehuil en ek kyk benoud na Wiaan se rooi oë. "Mackenzie jou Ma het gesê ek moet hulle hierby jou kom los. Renske, ek en Isak moet dringend by my Ouboet Zander-hulle uitkom, daar was 'n motorongeluk..." Ek beduie hulle om in te kom en Rowan wat intussen bygekom het loer benoud na my. "Rowan vat jy hulle op na die gastekamers toe en kry lakens en als. Ek moet net gou vir Mira droogmaak, Wiaan jy kan saam stap as jy nog wil gesels." Hy stap saam met my en dit voel vreemd om skielik na weke weer so naby hom te wees. Terwyl ek haar droogmaak gesels ek met haar en dan skielik kyk ek op en onthou Wiaan is hier by my. "Weet julle al wat gebeur het?" Hy skud sy kop en ek kry hom vreeslik jammer. "Nee net dat altwee opslagdood is, Zara was nog by die skool so sy is nogal in 'n toestand. Ons gaan nou ry sodra Isak hulle verlof en als gereël het, die kinders gaan egter hier by julle bly dat hulle skool ook nie nog ontwrig word nie. Ek glo Zaratjie sal saam met ons terugkom." Hy kyk na my toe ek Mira teen my skouer optel en glimlag skielik effens. "Jy is 'n natural, jy sal eendag 'n goeie Ma maak." Ek glimlag net en voel hoe ek alweer bloos. "Mackenzie...jy is 'n sterk persoon, Chris hulle gaan jou nodig hê. Hierdie was 'n geweldige skok...ek dink nie hulle weet mooi hoe om dit te hanteer nie." Ons begin uitstap en ek keer hom met my hand op sy arm. "Wiaan...as jy wil praat...ek is net 'n oproep ver, dit kan ook nie vir jou maklik wees nie." Hy kyk na my en buk dan vinnig vorentoe en soen my net toe Chris by die deur inkom. "Dankie Mackenzie ek sal onthou. Bye Chris, moenie vir Oom Janco hulle moeilikheid gee nie nê." Hy is vinnig daar uit en Chris staan net na my en kyk voor hy smile. "Ek het dit geweet...al lankal." Ek kyk verbaas na hom. "Waarvan praat jy Chris?" Hy vat my arm en ons stap saam uit kombuis toe waar die ander ronddwaal en Rowan vir almal iets ingooi om te drink. "Mackenzie jy en Wiaan..." Ek stop hom net daar op die trap. "Wag net so oomblik...daar is nie 'n ek en Wiaan nie Chris, ons is net vriende." Hy kyk ernstig na my. "Wat van daai soen waarop ek ingeloop het?" Ek bloos maar ek kyk hom vas in die oë. "Daai was 'n dankie sê dat ek hom 'n oor gegee het om te luister, niks meer nie. Dit het werklik niks beteken nie. Moet nou nie Eugene se stront met my uithaal nie." Hy stop my. "Ek bedoel niks lelik daarby nie Mackenzie. Ek mind glad nie as jy en Wiaan...iets aan het nie. Ek sal nie 'n woord sê nie, dit het niks met my uit te waai nie. Ek het al lankal gesien hoe hy jou dophou en na jou kyk en ek kan hom nie kwalik neem nie, jy is 'n dekselse mooi girl." Ek kan net weer my kop skud en hom ernstig aankyk. "Chris jy droom, het ek al ooit vir jou gelieg oor iets. Nee ek het nie, so ek sê dit weer. Daar is niks tussen ons nie. Hy het my regtig net dankie gesê. Ek sien Wiaan net as ek by julle huis kom en hy daar is en van hy sy eie chalet gekry het, sien ek hom bitter min regtig." Hy kyk lank en ernstig na my voor hy grinnik. "Maar dit sê nog nie dat hy nie met begerige oë na jou kyk nie en as ek so na jou gesig gekyk het net voor hy jou gesoen het, dink ek nie ek is verkeerd om te sê jy like hom ook meer as net 'n vriend nie." Ek bloos en begin aanstap kombuis toe. "Vergeet dit Chris dis in elk geval useless." Chris lag net vir my. "Dalk nie so useless as wat jy dink nie Mackenzie. Gee net so jaar, jaar en 'n half. Moenie moed opgee nie." Ek maak of ek nie hoor nie en stop vir Mira in sy arms. "Hier hou haar vas dat ek vir haar 'n bottel kan warm maak, dan praat jy dalk nie so baie nonsens nie." Eugene staan eenkant met 'n glas koeldrink in sy hand en kyk stip na my en dan na Chris. Ek ignoreer hom net eenvoudig en kry Mira se bottel, maak hom warm en druk hom in Chris se hand. "Gee vir haar terwyl ons ander kos aan die gang kry. Eugene jy kan aartappels skil en sny vir chips. Rieks kyk in die yskas is gemarineerde steak haal dit asb uit. Rowan kry slaaigoed bymekaar en maak solank slaai asb." Hulle kyk almal eers snaaks na my. "Toe-toe, as julle wil eet vanaand moet julle help. Mamma-hulle is nou-nou hier." My woorde is nog nie koud nie toe stap my Ma-hulle in en ek kan sien sy het ook gehuil maar sy lyk okay nou. Sy glimlag toe sy vir Chris sien staan met Mira in sy arm. "Ai Chris sy lyk so happy in jou arms ek wil haar amper nie pla nie, maar ek het haar gemis vandag." Hy sit die bottel eers neer voor hy haar in my Ma se arms sit en die bottel dan weer vir haar gee. "Hier tannie Annalie, vat jou bondeltjie, sy is vreeslik soet. Ek dink nie ek het haar al ooit hoor huil nie." My Ma lag te lekker. "Wel Chris moet dan nie vannag kla as jy wakker geskree word nie, sy kan nogal 'n keel opsit as sy lus het." Die kos is vinnig op die tafel en ons gesels maar oor die ongeluk en my Pa vertel vir ons wat hy weet. Na ete ruim ons kinders op terwyl my Pa en Ma vir Mira gaan bad en self rustig raak. Eugene keer my in die waskamer vas toe almal uit is en kamers toe is. "Mackenzie wag..." Ek draai geirriteerd na hom toe terug. "Wat?" Hy vryf deur sy hare en lyk effens ongemaklik. "Ek wil...ek wil net sê ek is jammer oor ek so ass met jou was en die aantygings en als, ek het nooit kans gekry om vir jou skuus te sê nie. Die lewe is te kort om so kwaad uitmekaar te gaan, sal jy my nie maar vergewe nie Mackenzie?" Ek kyk na hom en hy is so ernstig en ek kan sien hy bedoel dit. "Vergeet daarvan Eugene, ek het dit reeds vergeet. Ek het geen kwade gevoelens teenoor jou nie." Hy glimlag 'n hartseer glimlaggie. "En dis die rede hoekom ek so head over heels vir jou geval het. Jy sal altyd daai een onbereikbare girl vir my bly en was werklik die eerste girl wat my op my tone gehou het. Ook die eerste girl wat nie met my in die bed gespring het nie al het ek jou gepressure om dit wel te doen. Juis daarom was en is jy vir my baie spesiaal. Jy sal altyd 'n great girl bly Mackenzie Moolman en die ou wat jou eendag kry gaan baie gelukkig wees." Hy druk my arm wat hy steeds vashou van toe hy my gekeer het om te loop, dan loop hy uit. Ek bly net so staan toe my Pa skielik in die deur verskyn. Ek kan aan sy gesig sien hy het elke woord gehoor en ek voel hoe ek bloos. "Jy weet Mackenzie Moolman, ek is trots om te sê ek is jou Pa. Jy het die hele situasie soos 'n volwassene hanteer. Ekself sou dit nie beter kon doen nie en die feit dat jy kop gehou het daaityd met Eugene wat jou gepressure het maak my eers trots." Hy hou sy arms vir my oop en ek loop in sy arms in. "Dankie Pappa." Ons loop saam uit en terug in my kamer voel ek weird goed oor myself.

Rainbow lodge boek2 Gediertes en GedrogteWhere stories live. Discover now