Hoofstuk 1

40 1 0
                                    

Liewe lesers

Hier is ek terug met nog 'n boek wat my gedagtes al 'n wyle in beslag geneem het, en dus net in my imagination bestaan. Geen karakters is real nie, die plekke wel, maar die lodges en plaasname is ook fake. Ek hoop maar die lockdown het my nie te veel aangetas nie en dat die storie nie te vrot is nie. Soos julle seker by nou al weet skryf ek maar 'n "slang" afrikaans met so hier en daar 'n knoop. As jy dit nie like nie, moenie my boek lees nie. As jy lees asb vote of comment, dit is altyd lekker om te weet of jou storie iewers by iemand byval vind.

Blessed be

Mamba44

"Malika(Queen in Swahili) het ek jou al vertel van my verskriklike week wat ek beleef het. Ek dink ek moet wegloop en nooit weer my oë by die skool wys nie wat nog te sê by die Lodge." Ek sit op my perd en kyk uit oor die vlaktes. Hierby Oupa-hulle voel ek altyd gelukkig hier is niemand wat my kritiseer nie en ek pla niemand met my grootmond nie. My probleme het begin oor ek deksels honger was Maandagoggend.

"Mackenzie Moolman! Moet ek nou wraggies alweer vandag jou Ouers skakel, van wanneer af eet jy in my klas en jou huiswerk is nie gedoen nie?" O shikes ek beter klaar kou, ek wens tog so Juffrou van Aarde wil van die aardbol af verdwyn. "Um...e...Juffrou jy sal nie verstaan van honger nie, Juffrou sien ek was laat vanmôre en daar was nie tyd om te eet voor ek die bus kon haal nie en..." O gonnatjie Juffrou van Aarde lyk of sy 'n aar gaan bars, dalk moet ek liewers stilbly. "Mackenzie! Ek het nie gevra praat terug nie. Ek gee ook nie om of jy daelaas geëet het nie, in my klas eet jy nie en jy doen jou huiswerk en klaar. Jy dink omdat jy een van dié Moolmans is jy kan maak net wat jy wil. Ek bel jou Ma." Ek is mos gebore sonder 'n filter voor my mond en daarom is die woorde uit voor ek kon keer. "Juffrou ek dink nie jy moet my Ma vanoggend alweer pla nie, die duiwel is vanoggend los by die lodge en as Juffrou haar nou bel oor so simpel ding soos eet in die klas en my huiswerk wat ek op die tafel vergeet het byt sy dalk net Juffrou se kop ook af." Daar daal 'n stilte oor die klas en ek hoor hoe proes Hasani en Chris dit van die lag hier agter my. Alika loer skuins en benoud na my en ek trek vir haar skouers op. "Mackenzieeeeeee! Bly stil, loop solank kantoor toe..." Ek rol my oë en maak my handboek toe. "Maar Juffrou...ek wil net voorkom dat jy vir jouself groter moeilikheid op die hals haal as net 'n vergete boek en 'n etery in die klas..." Die kyk wat ek kry sou my doodgehad het as ek nie 'n tawwe Moolman was nie. Ek pak dus maar my boeke in my tas en loop die klas uit maar soos die duiwel dit wil hê brom ek net hard genoeg dat Juffrou van Aarde my hoor. "Wel moenie sê ek het Juffrou nie gewaarsku nie..." Ek slenter aan kantoor toe en wonder of ek gaan leef om hiervan te vertel as my Ma met my klaar is. Daai rooikop Ma van my is vanoggend skoon bedonnerd en ek wou vandag heeltemal uit haar pad gebly het. Selfs Pa het wye draaie om haar geloop nadat sy en Rowan aanmekaar gespring het. Rowan is net veertien en Ma het hom gevang rook agter een van die chalets saam met my neef Robbie wat ook net 14 is. My Oom, dis nou Mnr Bertus hier by die skool weet nog nie eers daarvan nie. Ek dink Ma wag vir hom om van die skool af te kom en tannie Delia om van die salon af te kom vanaand voor sy die bom laat bars. En bars gaan hy definitief bars dis verseker. Oom Bertus gaan Robbie se gatvelle aftrek. Ek sit vir 'n wyle in die ontvangskantoor voor my Pa instap. Ek sug van verligting, maar die kwaai kyk wat hy my gee is genoeg om my mond vir eers styf toe te knyp. Mnr Viljoen kom die kantoor uit en ontvang my Pa gul. "Môre Janco, genade ek het jou lanklaas gesien, kom in, kom in." My Pa skud blad en hy beduie ek moet saam instap. Na 'n verduideliking van Mnr. Viljoen oor wat die probleem is kyk my Pa na my dan na die Hoof. "Kyk Mnr ek verstaan Mackenzie het oortree, maar..." Die volgende oomblik gaan die deur oop en my Ma staan in volle glorie in die deur. My Pa grinnik en ek kry amper skaam as ek sien hoe hy haar van kop tot tone bekyk. As dit nou in 'n fliek was het ek gedink dis hot, maar dis my ouers en ek laat sak net my kop. "Mag ek weet hoekom ek nie ingelig is oor my dogter se kwansuise swak gedrag nie?" Die Hoof sluk en begin verduidelik en ek kry groot lag om te dink die Hoof is wragtig bang vir my Ma. "Môre Annalie...um...jy sien Mackenzie hier het gesê ons moet liewers haar Pa bel as haar Ma want..." Ek besluit om die arme Hoof uit te help en val hom in die rede. "Mamma sien ek het vir Juffrou van Aarde gesê om veral nie vanoggend Mamma se tyd te mors met 'n gebellery oor ek in die klas geëet het en boonop my wiskundeboek by die huis vergeet het nie. Ek het haar gesê die duiwel is los by die lodge vanoggend en jy het nie tyd vir nonsens nie...maar sy sê ek moenie dink ek kan wegkom met als omdat ek een van dié Moolmans is nie." My Ma kyk vol ongeloof van my na die Hoof." Sy beduie vir my om op te staan en haar te volg. "Mackenzie is doodreg, ek het nie tyd of lus om die nonsens uit te sort nie, maar terwyl ek nou hier is, kom Mackenzie ons gaan sien Juffrou van Aarde." Die Hoof wil nog keer maar my Pa skud sy kop. "Mnr Viljoen ek dink jy moet liewers uit die spervuur bly in die ene. Annalie is vanoggend op die oorlogspad." My Ma storm met my die stoep af en ek kan haar hoor brom wat niks goeds voorspel vir Juffrou van Aarde of vir my nie. Dit is die vierde keer in tweemaande wat my Ma gebel word oor een of ander onbenulligheid. "Een van dié Moolmans nogal, ek sal haar wys wat kan dié Moolman doen met iesegrimmige oujongnooi Juffrouens. Ek gebruik haar sommer as bait vir daai leeutrop." My Ma ruk die klasdeur oop en boender my na binne. Die klas is tjoepstil en ek wens die aarde kan my insluk. Ek loer na Chris, Hasani en Alika en ek sien elkeen se verskillende gesigsuitdrukkkings. Alika lyk benoud, sy hou niks van konflik nie. Chris is duidelik Oom Isak se kind alhoewel hy sy Ma tannie Renske se blondekop het. Hy sit agteroor en grinnik en wag vir die bom om te bars. Hasani is die plaatjie van al ons vriende se kinders, hy is sy Pa Thembe uitgeknip. As daar kattekwaad uit te dink is, is hy die een om dit te instigate en kan hy poetse uitdink. Hy sit nou en kan sy lag nie hou nie. Hulle ken my Ma net so goed soos ek en weet die rooikop is briesend. "Mejuffrou van Aarde ek hoor jy het alweer 'n probleem met Mackenzie. Kan jy vir my verduidelik wat die probleem nou weer is?" Juffrou kyk my Ma uit die hoogte aan en klik sowaar haar tong vir my Ma. "Mevrou Moolman jou dogter is eenvoudig onhebbelik, ek het reeds aan die hoof verduidelik wat sy gedoen het, u kan dit dus met hom uitklaar ek het klas om te gee. Mackenzie ontwrig gedurigdeur my klas saam met daai ongoddelike vriende van haar. Sy kan gerus beter vriende kies dan sal sy nie so stout wees nie. Julle Moolmans en van Wyks was nog altyd bekend vir julle onhebbelike kinders." My Pa verskyn in die deur agter ons en leun teen die kosyn aan en grinnik stout en knik vir Chris hulle oog. "Juffrou van Aarde weet jy ek het ook nie tyd vir nonsens nie. Ek het 'n leeutrop om te soek en ek het bokke om uit te dun en twee toeriste groepe om uit te neem vanoggend. Jy mors my tyd met hierdie stron...strooi. Week vir week is jy nou op Mackenzie se case oor elke onbenulligheid wat jy kan uitdink, miskien moet jy vir jou 'n man soek dan het jy nie tyd om aan twak te dink nie. Ja Mackenzie het oortree deur te eet in die klas en ja jy kon haar gestraf het deur net haar kos weg te vat. Sy het haar wiskunde gisteraand gedoen terwyl ek haar gehelp het om die werk te verduidelik wat jy blykbaar nie op 'n ordentlike manier vir haar kon verduidelik nie nadat sy jou Vrydag in hierdie einste klas gevra het vir hulp. Haar boek het per ongeluk op die tafel bly lê, maar aangesien ons vroegoggend opgestaan het met pandemonium omdat 'n hele trop van vyftien leeus uitgekom het was 'n wiskundeboek die laaste ding op ons breins vanoggend. En jy het geen reg om haar te viktimiseer omdat haar van Moolman is of omdat ek 'n van Wyk was en daarop te hamer nie. Sy is 'n eie individue en wat haar Ma, Pa, Ooms en Tannies in hierdie skool bereik en gedoen het, het net mooi niks met Mackenzie uit te waai nie. As jy nie die Moolmans of van Wyks kan verdra nie moenie dit op ons kinders probeer uithaal nie. Wat Mackenzie se vriende aanbetref kon sy nie beter gekies het nie. Hulle is ook my kollegas en vriende se kinders en ek belowe jou as jy nou vir Isak en Renske en Sammy en Thembe en ook Nhelo en Kathekani wil verkeerd opvryf moet jy iets slegs van hulle kinders sê. Hulle is ordentlike goed opgevoede mense wat 'n groot bydra in die gemeenskap lewer. Moet my asseblief nie weer bel vir twak nie en moenie op my kind of haar vriende pik nie. As jy nie vir haar wil klas gee nie, sê my dan kan ek reël dat sy 'n privaat tutor kry vir wiskunde vir hierdie jaar en dan kom sy nie meer na jou klas toe nie. Totsiens Juffrou van Aarde ek hoop nie ons sien mekaar gou weer nie. Mackenzie gaan wag solank by jou volgende klas ons sal by die huis praat." My Ma storm die klas uit verby my Pa en hy soen my op die voorkop voordat hy doodluiters agter my Ma aanstap. Ek gaan sit voor die engelse klas en wag vir die klok om te lui want die aarde lyk my gaan my nie uithelp en my vandag nog insluk nie. In die engelseklas glip ek vinnig na binne en gaan sit kop onderstebo in die hoek op my plek. Chris en Hasani is eerste by my en lag van oor tot oor. Dit is egter Retief wat sy grootmond oopmaak om alles verder te beduiwel. "Sjoh Mackie jou Ma is darem maar hot in daardie pilot uniform. G'n wonder jou Pa kan nie sy hande van haar afhou nie. Ek het juis 'n voëltjie hoor fluit sy is weer preggies." Die duiwel fluister in my oor en voor ek my kan kry tref die hou hom vol op sy mond en neus dat die bloed spat. "Jy hou jou smoel van my Ma en Pa af en gaan sê sommer vir jou skinderbek Ma at least is my ouers getroud gewees voor enige een van ons kinders gebore is. Dit het dus niks met haar uit te waai of my Ma weer swanger is of nie." Ek vlieg die klas uit met Chris kort op my hakke. "Hey...hey Mackenzie kalmeer waar gaan jy heen. Ag hel vandag brand ons almal se gatte nog." Oom Bertus kom om die hoek en gryp my aan die skouers toe hy sien ek gaan verby hom loop. "Whoa daar Mackenzie, waar's die brand?" Ek wil losruk maar hy trek my in sy omarming in en kyk beskuldigend oor my kop na Chris. "Um...nee Oom, ag skuus Mnr Bertus, ek het niks gedoen nie, dis Retief Mnr." Met rukke en stote vertel Chris vir Oom Bertus wat alles gebeur het en hy is woedend. "Mackenzie ek het nie nou 'n klas nie, gaan wag daar. Kom Chris jy gaan terug klas toe en ek en Retief gaan 'n geselsie hê." Ek gaan sit in Oom Bertus se klas en ek is lus om te huil so kwaad is ek. Ek weet my Ma is swanger en dit het as 'n surprise gekom maar ons is almal so bly daaroor, maar Retief het dit laat klink of my Ma en Pa iets vreesliks gedoen het en ons het nog nie eers vir enige vriende of familie vertel nie, nou kom blaker hy dit so by die skool uit. Sy Ma werk mos vir dokter Frik en skinder oor almal in en om die dorp. Ek sit nog so toe stap Oom Bertus in. Hy gaan sit op sy stoel en kyk peinsend na my. "Dit was een helse hou daai Mackenzie, jy weet seker jy het sy neus gebreuk en sy lip gesplit. Gelukkg vir jou was daar 'n hele paar getuies, maar ongelukkig vir jou gaan ek jou Ma-hulle hiervan moet vertel, Ek het vir jou verskoning gemaak by Mnr Swart vir hierdie periode, maar jy gaan die volgende periode moet klas toe gaan. Alika sal jou huiswerk en klaswerk vir jou vanmiddag by die lodge gee, so moenie daaroor bekommer nie." Ek kyk na Oom Bertus en glimlag effens. "Dankie Oom ek waardeer dit. Ek is jammer oor al die gemors vandag, maar toe Retief my Ma-hulle se surprise so spill voor die ander kinders het ek dit net verloor. Ek is vandag al klaar so in die sop ek dink nie ek kan nog dieper nie." Oom Bertus lag. "Toemaar ons kry almal sulke dae. Moet net nie vir jou ouers oor enige iets jok nie, dan behoort jy heel anderkant uit te kom. Jy weet jou Pa het 'n broertjie dood aan 'n gelieg. Ek sal ook niks sê van die surprise nie, nie eers vir tannie Delia of Suné of Robbie nie. Hulle kan hulle surprise Sondag by die braai vir Ouma-hulle gee." Ek weet hy sal sy woord hou en ek spring op gee hom 'n druk en hol na my volgende klas toe. Gelukkig is dit my laaste klasperiode dan is dit sportperiode en dan is ons darem buite op die veld. Vandag het ons atletiekuitdunne en ek is mal oor atletiek, veral langafstande. In sportperiode haal ek al my frustrasies uit en hardloop vir myself 'n plek in die 100m, 200m en 400m los. Die aflosspan is nou natuurlik 'n doodnormale ding om voor te kwalifiseer as ek onder die eerste vier kinders in die 100m was. Nou nog net die langafstande, as ek onder die eerste 4 vir die 1200m en 1500m kan kom is ek in die interhoërspan en dan is ek baie happy. Ek kom moeg en natgesweet by die bus aan en ons gesels dik stukke oor al die items waarvoor ons gekwalifiseer het. Chris se boetie Eugene in matriek klim in die bus en glimlag toe hy my alleen sien sit. Hy is 'n opperste playboy en ek loop normaalweg wye draaie om hom, maar vandag is nie my gelukkigste dag nie. "Hey Mackenzie, ek het jou lanklaas gesien, ek kan jou amper soen groet." Chris vervies hom en gluur na Eugene. "As jy sien hoe lyk 'n lighty wat vandag met haar geskoor het se neus en lip sal jy jou mond en hande van Mackenzie afhou my liewe Broer." Ek kyk by die venster uit en luister net halfpad wat Chris hom vertel. Gelukkig vertel Chris nie die hele storie in detail nie en my Ma-hulle se geheim is steeds net dit, 'n geheim. "Hey sorry Mackenzie, ek belowe ek wou nie 'n ass gewees het nie. Ek wil ook nou nie hê Oom Janco en Tannie Annalie moet my vir die leeus voer nie." Ek skud net my kop. "Vergeet dit, dis okay." Hulle bespiegel of die trop leeus al gevang is en gelukkig vergeet almal vir 'n oomblik van my ellendige dag tot ons by die lodge se hek van die bus afklim. Oom Isak is daar met die bussie om die hele boel van ons te kry. My sestienjarige tweeling neef en niggie Louis en Lumé het reeds oorgeklim in die Baswatibussie waar my Oom Daniël of te wel Daantjie-kat soos my Ma hom noem en Tannie Cindy albei werk. My boetie Rowan, die sewentienjarige Chris, Eugene en hulle sestienjarige sussie Rieks, Hasani en Alika bondel almal voor my in die bussie in en ek tou maar net moeg agterna. Oom Isak kyk met 'n groot glimlag na my toe ek die deur agter hulle toemaak en self voor langs hom inspring. "Jou Pa vertel vir my jou Ma het ou Juffrou van Aarde bietjie afgebring aarde toe vir 'n slag." Ek glimlag. "En het sy nie, alhoewel ek sekerlik nogsteeds in die dog box gaan wees." By die lodge keer Oom Isak voor ek en Rowen wil begin oploop huistoe. "Nope julle loop nêrens heen nie. Ons het nog nie al die leeus nie, daar is nog 'n jongmannetjie los. Ek het opdrag gekry om julle na julle Pa se kantoor toe te stuur. Hy't gesê julle wag daar tot hy julle kan huistoe vat. Hy is net gou besig met die nuwe veearts." Ek slenter die lodge binne en Alika waai vir my voor sy die kombuis in verdwyn om haar Ma te soek. Tannie Kathekani is 'n bo-baas kok en help gewoonlik in die kombuis uit as hier so baie toeriste is voor sy terugkeer na die Xhosa ruskamp toe. Gelukkig het ek die engelse klas-en huiswerk op die bus by haar gekry. Chris het darem ook vir my die wiskunde opdragte vir vandag se huiswerk gegee. In my Pa se kantoor gaan sit ek eenkant by 'n kleiner tafel en begin met die ellendige wiskunde terwyl Rowan sê hy gaan kos soek by die personeel kafeteria. Chris, Eugene en Rieks stap net om die lodge se chalets waar my Pa vir Oom Isak en tannie Renske hulle eie groot lodge-chalethuis gebou het. My Pa en Oom Isak asook baie van die ander mense wat hier werk was saam op skool en kom al 'n langpad saam met my Pa en Ma. My Ma is Rainbow lodge se helikoptervlieënier en ek het groot drome om in haar voete te volg, dis nou as ek die wiskunde kan deurkom.

Rainbow lodge boek2 Gediertes en GedrogteUnde poveștirile trăiesc. Descoperă acum